
This show has been and gone — Thu, 20 Nov 2025.
Hoofseun - Tollie Parton, 20 Nov, 19:30 at Centrestage@Baywest

HOOFSEUN:
‘n Komiese, hoogs aansteeklike, semi-aanstootlike kykie na wat dit werklik beteken om ‘n klein Afrikaanse dorpie se verwagtinge die hoof te bied – as ‘n drag queen. Wynand Kotze, Vanrhynsdorp se voormalige hoofseun, is nou die fopdosser Tollie Parton. Hoe gebeur so-iets? En die grootste vraag van almal: Hoekom bly mense dink sy is Casper de Vries met (groter) pramme? Van hoofseun na hoofmeisie. Hier kom vet pret. ‘Skuus. Mens mag nie meer “vet” sê nie. Die pret het 'n growwe beenstruktuur.
Rolverdeling: Wynand KotzeSkrywer: Anne Hirsch, Wynand KotzeGimeerkunstenaar en -assistent: Karl HildebrandtTydsduur: 70 minAanbevole ouderdom: 18+Taal: Afrikaans
Kosopsies van R80 is beskikbaar via voorafbestelling. Kies tussen 'n individuele platter, Beesvleislasagne, Groentelasagne of Thaise Hoender.Blokbesprekings, Kosbestellings en Navrae: Kontak Wendy by 083 2255 401

_20261008_085821.jpg)
